
Getuienisse: Profetiese Woord, Visioene, Wonderwerke In Gebed
by Anna De Wet
About The Book
Getuienisse en wonderwerke, wat God se tere liefde in my lewe demonstreer.
Hierdie boek vertel hoe ek die Here ontmoet het en Hy my met Sy Heilige Gees gedoop het. Daarna het ek myself in ‘n onmoontlike situasie bevind. Die Here het aan my ‘n gebedsmaat gestuur, met ‘n profetiese gawe, om my te help om my situasie te hanteer. Ná ‘n jaar was ek gereed en het Hy ons in ‘n span verander om mense te help wie desperaat was. Ons het vir 18 jaar as voorbidders saamgebid. God het gesê ons moes ‘n A4 lyntjiesboek en ‘n pen koop en alles neerskryf. Die Heilige Gees het wonderlike boodskappe aan ons gestuur. Ek het sommiges daarvan in hierdie boek ingesluit. My mikpunt met hierdie boek is: om God te verheerlik vir Sy grootsheid.
About The Author
Author: Anna De Wet
Ek stuur boodskappe wêreldwyd – boodskappe wat die Here vanaf 1988 aan my gegee het. Hy het ‘n dame as gebedsmaat aan my gestuur, wie profeties beweeg. Die eerste keer wat ons saam gebid het, het God gesê dat Hy ons saamvoeg as ‘n span, en dat ons alles moes neerskryf. Ek het al die skrywe gehou vanaf 1988, en ongeveer 2.5 maande gelede het Niël Bredenkamp ‘n kleingroepieleier in Dr. Arthur Frost se digitale kerk, ‘n visioen gesien waar ek sit en ‘n boek skryf. Die Heilige Gees sal my hand vat en my help, en ek moet al daardie skrywe in ‘n boek publiseer. Niël het my nie geken, of geweet dat ek twee boeke vol boodskappe in my besit het nie. Dit was toe dat ek besef het, die Heilige Gees het al daardie boodskappe aan my gegee, sodat dit in boeke omgesit kan word. Ek het baie getuienisse van wonderwerke wat in my lewe plaasgevind het. Ek het net sommiges daarvan in hierdie boek gedeel, andersins sou die boek té dik gewees het!