
Ouerskap
About The Book
Ouerskap is ‘n rentmeesterskap verantwoordelikheid toegeskryf (aangegee) aan ouers deur God. Ouerskap is ‘n professie (amp of ook ‘n beroep). Ouers behoort toegerus te word, sodat hulle hul verantwoordelikhede met ywer kan uitvoer. Ouerskap vereis ‘n opmerklike, betekenisvolle belegging van tyd, energie, geld en ander hulpmiddels rondom die grootmaak en oprigting van hul kinders. Ouerskap verg ook ‘n opmerklike hoeveelheid inspanning en moeite, om sodoende die beste resultate te verkry. Ouerskap is nie ‘n gebeurtenis nie en ook nie toneelspel of slegs ‘n aksie wat uitgevoer word nie – dit is ‘n reis, ‘n reis wat die volgende vereis: ywer, fokus, toewyding, bewustheid en inspanning. Kinders se toekoms word beïnvloed deur ouerskap – reg of verkeerd. Ouers gaan rekenskap moet gee voor God, daarom is dit belangrik dat ouers sekere dinge rondom ouerskap in hierdie digitale era (eeu) moet afleer, leer en herleer. Die doel van hierdie boek is om jou as ouer en / of grootouer toe te rus rondom sommige van die noodsaaklike vereistes betreffende doeltreffende ouerskap.
About The Author
Author: Michael Gondo
Mike is die Stigter van IMPACT Global Faith Ministry. IMPACT fokus op individue, gesinne, families, gemeenskappe, samelewings, besighede, organisasies, regeringe, bedieninge en nasies om hulle toe te rus, sodat hulle ‘n IMPAK kan maak (en wees) in hulle onderskeie invloedsfere. IMPACT se preke is gratis beskikbaar op hulle Facebookblad by: @ImpactGlobalFaithMinistry. Mike is passievol rondom die ontwikkeling en oprigting van leiers, wie ‘n IMPAK wil en gaan maak (en ook wil en gaan wees).